top of page

.jpg)
-
Hoe werk die bestel proses?Daar is twee maniere om te bestel. 1) Bestel op die webtuiste deur jou produkte in die mandjie te sit en dan te betaal met die "Peach Secure EFT" opsie vanaf enige Suid Afrikaanse bankrekening, of YOCO kaart fasiliteit met enige VISA- of Masterkaart. Jy kry binne 'n paar uur 'n epos met 'n bestel nommer op. (Laat weet ons dadelik as jy dit nie binne 12 ure kry nie.) Jou faktuur behoort jy dan die dag daarna te ontvang. Verwerking en verpakking kan 1-3 dae vat. Courier kan 3-10 dae vat vir aflewering, afhangend waar jy woon. Groot metros ontvang pakkies vinniger, die Kaap en afgeleë plekke vat langer. Die bestellings deur die webtuiste is vinniger en makliker en jy sal jou pakkie vinniger ontvang. 2) Stuur 'n WhatsApp na 084 874 8499(09:00 - 16:00 weeksdae), wat sê dat jy per WhatsApp wil bestel. Ons antwoord met 'n WhatsApp wat jy volledig moet invul. Maak ‘n eft betaling na die rekening op die WhatsApp boodskap. Dan stuur jy die voltooide boodskap en die bewys van betalling direk na mekaar vir ons terug. Dit is slegs beskikbaar vir tabak en geen "merchandise" kan so bestel word nie. Ons sal reply met jou bestel nommer en later met jou tracking nommer. Die proses word die outomaties bestuur nie, maar per hand en kan langer vat as die bestellings deur die webtuiste. Gerbruik ASB slegs die metode as jy glad nie deur die webtuiste kan bestel nie
-
Watse tabak het julle?Ons verskaf Oondgedroogde Virginia tabakblare, asook Lugdroog Burley tabakblare. Die tabak is nog in blaarvorm en moet self verder verwerk word. Dit is baie gevaarlik vir mense, nog meer gevaarlik vir krieke. Ideaal vir verskeie boererate. Kriekweermiddel - Oondgedroogde Virginia Molweermiddel - Lugroog Burley Springkaanweermiddel - 300g Virginia & 200g Burley, vir die fynproewer... Vlermuisweermiddel is die randerekker opsie, dit is die stukkies en stokkies wat oorbly na die heel blare verpak is. Alle vorme van tabak is verslawend en sleg vir jou gesondheid.
-
Hoe verwerk ek die tabak?Voedselverwerker, skêr, skerp mes, koffie ‘grinder’... Hou die groep dop vir resepte. Youtube is ook jou vriend hier, daar is ‘n magdom videos wat kan help. Kyk ook uit vir die baie oulike rsepte boek in die Algemene Handelaar.
-
Lewer julle in my dorp/stad af?As jy ‘n fisiese adres enige plek binne Suid Afrika se landsgrense kan voorsien, lewer ons courier tot by jou deur af. Asseblief geen ‘po-box’ adresse nie. Courier kan tot 10 dae vat vir klein afgeleë dorpies. Ons gebruik verskeie courier besighede en die bedrag vir lewering wissel afhangende van die maatskappy en die gewig van die pakkie. Aflewering op plase, kragstasies en myne kan 'n addisionele heffing van tot R250 dra. Gebruik eerder 'n adres in die dorp om hierdie onnodige koste te vermy. Pretoria kliënte kan die "Pretoria Aflewering"-opsie kies vir R60. Kyk gerus of jy binne die grense vir hierdie opsie val. Jy kan ook self jou pakkie by ons instap winkel in Silverton, Pretoria.
-
Stuur asb vir my ‘n pryslysAlle produkte met hul pryse is op die webtuiste beskikbaar. Klik op Algemene Handelaar om die produkte te sien. Klik op "Wys Meer Produkte" onderaan die bladsy om meer produkte te laai.
-
Kan ek kom oplaai? Wat is julle nommer?Tabak Boer woon op ‘n plaas wat nie bestaan nie, en nie eers sy vrou weet wat sy selfoon nommer is nie. Hy het wel ‘n e-pos adres wat jy mag gebruik. Ons ondersoek gedurig geleenthede vir ander afsetpunte, ons sal dit op die Facebook-blad aankondig soos dit beskikbaar word. Navrae oor bestellings reeds geplaas - navrae@tabakboer.co.za WhatsApp nommer - 084 874 8499 Of stuur algemene navrae met die kontak ons vorm onderaan die webtuiste.
Gereelde vrae
bottom of page