
.jpg)

Welkom by Tabak Boer!
Tabak Boer vind sy ontstaan tydens die grendelstaat van 2020. Ons staan vir saamstaan en selfdoen.
Ons verskaf 'n reeks ongekerfde gedroogde tabak, reguit van die plaas af. Virginia en Burley is die twee cultivars waarmee ons boer en wat ons beskikbaar het.
Tabak Boer het ook 'n volledige reeks gegeurde en ongegeurde Pyp- en Sigaret tabak.
​
Aan die einde van 2021 het ons ook oorgegaan na die elektroniese rook mark, en het ons ons eie reeks 'Vape Juice' uitgebring, asook alle hardeware wat daarmee saamgaan. Beste pryse gewaarborg, en as jy iets soek wat ons nie het nie bestel ons dit met liefde!
​
Desember 2021 is Party Boer bekendgestel. Ons partytjie afdeling het alles wat jy benodig vir die naweek se braai! Van die heel lekkerste shooters en selfmaak bier, tot braai speserye en chilli sous!
​
Tabak Boer het 'n inloopwinkel in Silverton, Pretoria. Die winkel,alhoewel nog klein, dien as 'n volwaardige 'Tobacconist' en
'Vape Shop', en is weeksdae en Saterdae oop. Die winkel word nie permanent beman nie, so skakel asb vooraf om 'n besoek te reël.
Kry ons maklik op Google Maps of Waze, soek net vir "Tabak Boer".
